Alle lesers het ‘n gunsteling skrywer of twee. Sou dit nie lekker wees om ‘n aand saam met jou gunsteling skrywer te kuier nie? Dalk ‘n vraag te vra oor iets waaroor jy lank gewonder het? Dalk net oor ‘n glasie wyn en ‘n ligte ete lekker kuier.

Dit is presies wat SKRYWERS KUIER jou bied.

Die ware-misdaad skrywer Stefaans Coetzee het Aardklop as ‘n geleentheid gesien om skrywers na Klerksdorp te lok. Insamewerking met Lindi de Jager van Boek-Bederf is die eerste SKRYWERS KUIER Vrydag by Cuppa gehou.

Vyf skrywers het saam hul fans gekuier.

Die skrywers – Réne Warrington, SD Fourie, Anemari Jansen, Christine Brakhuizen-le Roux en Coetzee –  het ‘n tafel gedeel.