Die SAVF Hartbeesfontein Diensbestuur wil ons opregte dank uitspreek aan almal wat betrokke was by ons afgelope Gholfdag van 16 Maart 2019, om ons 50ste  verjaarsdag te vier, hetsy as ‘n borg of as ‘n prys wat u beskikbaar gestel het.

Deur u bydrae word u as ‘n vennoot beskou, wat ons die geleentheid gee om SAVF Evanna Tehuis ‘n ware tuiste te maak vir bejaardes, gestremdes en Alzheimer-pasiënte. Hierdie fondse sal aangewend word om hulle lewensomstandighede te verbeter, waarvoor daar nie altyd befondsing is nie.

U bydrae word hoog op prys gestel, Baie dankie dat ons die vrymoedigheid kon neem om u te nader.

Baie dankie!