Foto: Verskaf

Die plaaslike skrywer, Stefaans Coetzee, het sy twee boeke – Wit Wolf & Suiker Britz – insamewerking met Bargain Books by Wimpy (Matlosana Mall) vir ondersteuners geteken.

Coetzee het pas sy nuwe nie-fiksie boek, Suiker Britz, bekendgestel. Die boek is reeds derde onder die Topverkopers in Exclusive Books. Ondersteuners het vandag die kans gehad om die skrywer te ontmoet en so bietjie meer oor sy boek te gesels.

Suiker Britz (R230) handel oor bekende sake wat die legendariese speurder ondersoek het. Van die Kerksstraat-bomontploffing tot André Stander, Barend Strydom, Gert van Rooyen en Dirk Prinsloo.

Coetzee se eerste boek, Wit Wolf (R275), is die skrywer se lewensverhaal van terroris tot aktivis van versoening. As jy worstel met vergifnis, alle moed verloor het – dan is Wit Wolf net vir jou geskryf. Ongeag waardeur jy gaan of waarmee jy worstel, God se planne vir jou is vol seëninge en oorvloed liefde.

Beide boeke is tans beskikbaar by Bargain Books.