Foto: Internet

Boomplantdag: Doringkruin 11 September 2019

Die Jeug van die Klerksdorp Afriform-tak  nooi die Doringkruin Buurtwaglede en inwoners uit om Woensdag 11 September om 10H00,  inheemse bome in die Keurboom/Karob park aan  te plant. Die park is gekies omdat daar reeds ‘n verskeidenheid inheemse bome is. Die boomplantdag is ‘n jaarlikse instelling van Afriforum om die gemeenskap bewus te maak en betrokke te kry by omgewingsake. Die onderhoud van parke en oop ruimtes is ook deel van ‘n vernuwingsprogram van die woongebied.

Die groep leerlinge wat tuisonderig ontvang, gaan die dag 14 inheemse bome aanplant. Tydens die dag sal hulle ook voorbeelde en fotos van indringer plante saambring. Hulle opdrag was om ‘n opname te maak van die voorkoms van die seringboom (Melia azedarach) en die Sesbania punicea stuike in die omgewing. Die leerlinge sal ‘n voorlegging van hulle opname gee waarna ‘n persverklaring uitgereik sal word om die gevare van indringer plante te belemtoon.

Die nuut gestigte jeugtak onder leiding van Esme Coetzer beoog om die jeug van Klerksdorp betrokke te kry in gemeenskapsaangeleenthede. Behawe vir die boomplant by Saamtrek Laerskool, beoog die tak om Unie Skool  te help met hulle skooltuin. Die beplanning is om skole betrokke te kry met opwindende projekte en om skoonmaak aksies in die omgewing waar die skole geleë is, te reël.

Coetzer is van mening dat die netheid van ‘n buurt nie net gemeenskapsbinding en lojaliteit tussen die inwoners bevorder nie, maar ook ‘n positiewe gesindheid skep. Sommige navorsing toon selfs dat ‘n mooi en skoon omgewing  goeie gedrag bevorder.

Inwoners wat ‘n passie het om die woongebied ‘n beter en veiliger plek te maak kan Esme Coetzer  kontak by  083 455 6593 om uit te vind hoe om betrokke te raak.

 

Bome wat aangeplant word.

Afrikaanse Naam                Botaniese Naam                                Engelse Naam                   Nr

Gewone haakdoring              Acacia Caffra                                        Common hook-thorn         162

Koorsboom                              Acacia Xanthophloea                         Fever tree                             189

Riviervaderlandswilg            Combretum Erythrophyllum            River bushwillow                 536

Olienhout                                 Olea Europaea subsp.cuspidata       Ironwood                            617

Witkaree                                   Searsia Pendulina                               White karree                      396

 

Nr is Nasionale boomnommer uit wikipidia

https://af.wikipedia.org/wiki/Alfabetiese_lys_van_Suid-Afrikaanse_bome