Overvaal Stereo hou musiekfees buite Klerksdorp by Grootbosch.

Die Saterdag is daar 16 kunstenaars wat optree en dit kos slegs R120 per persoon vir die Saterdag. Kunstenaars soos Manie Jackson, Wynand en Cheree, Richard vd Westuizen, Andriette en vele meer kan in aksie gesien word.

Dit kos inderwaarheid R7.50 per kunstenaar sê die organiseerders. Die kaartjies sal by die hek verkoop word van 09:00 die oggend en kinders onder 10 kom absoluut gratis.

Die stasie het besluit om die Sondag vir die gemeenskap dankie te sê vir hulle ondersteuning die afgelope tyd waar hulle gevra het dat die gemeenskap vir hulle moet stem vir ‘n Liberty Radio toekenning in die “My stasion” afdeling. Die stasie  het goeie nuus gekry hulle is een van vyf finaliste vir die gesogte toekenning en van daar die besluit om die gemeenskap te nooi om die Sondag gratis saam te kom kuier – “dit is ons dankie”.!

Sondag kan die gemeenskap kuier saam Johan Anker, Rian Ungerer, Clive Bruce, Chrizaan en Vernon Barnard.

Die hekke maak 10:00 die sondag oop en die fees begin 11:00.

Mense moet hulle eie stoele saam bring. Daar word lekker Feeskos te koop aangebied.

Almal is welkom.

Navrae kan gerig word by die kantoor by 0563432076.