Klerksdorp atlete het hierdie jaar baie goed op die verskeie SA kampioenskappe gevaar.

Van die uitblinkers is (voor): Mienke Engelbrecht brons in die 4×100m aflos dogters o/10; Carli Visser goud in die 70m hekkies  dogters o /10 en brons in die  4×100m aflos; Christian van den Berg goud in die seuns o/12 75m hekkies – hy is aangewys as die beste baanatleet by die SA laerskole atletiek kampioenskappe; André Visser goud in die seuns o/12 1200m.

Agter van links na regs: Lillica Burger goud in die dogters o/17 medley aflos, silver in die 800m en brons in die  4×100m aflos, Emél Keyser brons in die seuns o/15 100m hekkies; Afrigter Jacques van Staden, Kyla van den Berg goud in die dogters o/17 100m hekkies;  goud in die 200 m, goud in die medley aflos en brons in die  4×100m aflos, Dane-Leigh van der Westhuizen silver in die dogters o/15 90m hekkies.

Kayla van den Bergh kwalifiseer ook om aan die Afrika Spele op 27-28 April in Boksburg deel te neem. Sy is ook opgeneem in die span wat aan die Youth Olympics in Buenos Aires in Oktober gaan deel neem.

Wel gedaan ook aan Laerskool Saamtrek atlete wat drie van die NW Laerskole se vyf goue medaljes verower het. Noordwes laerskole behaal algeheel ‘n vierde plek terwyl NW Hoërskole derde eindig.