Mnr Anton Smith, skoolhoof van Laerskool La Hoff het ‘n toekenning ontvang by die Matlosana Sport Raad as Administrateur Van Die Jaar. Mnr Anton is vir die afgelope 8 jaar Voorsitter van die Luiperds Laerskole en vorm ook deel van die SASRA Bestuur (South African Schools Rugby Association) vir die afgelope 3 jaar – dié bestuursraad bestaan slegs uit 8 lede vanuit die hele Suid-Afrika se hoër- en laerskole.